Vir die voorkoming en behandeling van dermkoksidiose in pluimvee.
Vir orale toediening in drinkwater.
Voorkoming: 30 g per 100 liter drinkwater vir 5 - 7 dae.
Behandeling:
Ligte uitbraak: 60 g per 100 liter drinkwater vir 5 - 7 dae.
Ernstige uitbraak: 120 g per 100 liter drinkwater vir 5 - 7 dae.
Geen ander bron van drinkwater moet gedurende hierdie tyd vir die voëls beskikbaar wees nie.
Die medisinale water moet binne 24 uur gebruik word.
Moenie gebruik in geval van hipersensitiwiteit vir die aktiewe bestanddeel of enige van die hulpstowwe nie.
Aangesien anti-koksidiose eiergehalte, -produksie en -vrugbaarheid kan beïnvloed, moet profilaktiese medikasie gestaak word vanaf die begin van eierlegging.
Vleis: 4 dae.
Eier: 3 dae.
Bêre onder 30 ℃, in 'n droë plek, en beskerm teen lig.