As 'n hulpmiddel in die behandeling van hipokalsemiese toestande by beeste, perde, skape, honde en katte, bv. melkkoors by melkkoeie.
Raadpleeg u veearts vir herevaluering van die diagnose en terapeutiese plan indien daar geen verbetering binne 24 uur is nie. Gebruik versigtig by pasiënte wat digitalisglikosiede ontvang, of met hart- of niersiekte. Hierdie produk bevat geen preserveermiddel nie. Gooi enige ongebruikte gedeelte weg.
Pasiënte kan kla oor tintelende sensasies, 'n gevoel van beklemming of hittegolwe en 'n kalsium- of kalkagtige smaak na die intraveneuse toediening van kalsiumglukonaat.
Vinnige binneaarse inspuiting van kalsiumsoute kan vasodilatasie, verlaagde bloeddruk, bardikardie, hartaritmieë, sinkope en hartstilstand veroorsaak. Gebruik by gedigitaliseerde pasiënte kan aritmieë veroorsaak.
Plaaslike nekrose en absesvorming kan voorkom met intramuskulêre inspuiting.
Dien toe deur middel van intraveneuse, subkutane of intraperitoneale inspuiting met behulp van behoorlike aseptiese tegnieke. Gebruik intraveneus by perde. Verhit die oplossing tot liggaamstemperatuur voor gebruik en spuit stadig in. Intraveneuse toediening word aanbeveel vir die behandeling van akute toestande.
VOLWASSE DIERE:
Beeste en perde: 250-500ml
Skape: 50-125ml
Honde en katte: 10-50ml
Dosis kan na 'n paar uur herhaal word indien nodig, of soos aanbeveel deur u veearts. Verdeel subkutane inspuitings oor verskeie plekke.
Bêre onder 25ºC, in 'n koel en droë plek, en beskerm teen lig.