Dekstrose en die elektroliete natrium, chloried, kalium, fosfaat en sitraat kan gebruik word vir die herstel van elektroliet- en suur/basis-wanbalanse. Die aminosuur glisien word bygevoeg vir 'n vinniger herstel van die gedehidreerde diere.
Voorkoming en behandeling van dehidrasie veroorsaak deur diarree by kalwers, beeste, bokke, pluimvee, skape en varke.
Geen ongewenste effekte word verwag wanneer die voorgeskrewe dosisregime gevolg word nie.
Vir orale toediening deur drinkwater:
Kalwers, beeste, bokke, skape en varke:
Twee keer per dag 40 g per liter drinkwater vir 2-4 dae.
Pluimvee:
1 kg per 1000-1500 liter drinkwater vir 2-4 dae.
Geen.
Bêre onder 30 ℃, in 'n droë plek, en beskerm teen lig.