Levamisol en oksiklozanied werk teen 'n breë spektrum van gastroïntestinale wurms en teen longwurms. Levamisol veroorsaak 'n toename in die aksiale spiertonus gevolg deur verlamming van wurms. Oksiklozanied is 'n salisilanilied en werk teen Trematodes, bloedsuiende nematodes en larwes van Hypoderma en Oestrus spp.
Profilakse en behandeling van gastroïntestinale en longwurminfeksies in beeste, kalwers, skape en bokke soos Trichostrongylus, Cooperia, Ostertagia, Haemonchus, Nematodirus, Chabertia, Bunostomum, Dictyocaulus en Fasciola (lewerbot) spp.
Toediening aan diere met 'n verswakte lewerfunksie.
Gelyktydige toediening van pirantel, morantel of organofosfate.
Vir orale toediening.
Beeste, kalwers: 2.5 ml per 10 kg liggaamsgewig.
Skape en bokke: 1 ml per 4 kg liggaamsgewig.
Skud goed voor gebruik.
Oordosisse kan opwinding, traanvorming, sweet, oormatige speekselafskeiding, hoes, hiperpnee, braking, koliek en spasmas veroorsaak.
Bêre onder 25ºC, in 'n koel en droë plek, en beskerm teen lig.