’n Breëspektrum wurmmiddel vir die beheer van volwasse en ontwikkelende onvolwasse spysverteringskanaalrondewurms en longwurms en ook lintwurms by beeste en skape.
Vir die behandeling van beeste en skape wat met die volgende spesies besmet is:
Gastroïntestinale RONDEWURMS:
Ostertagia spp, Haemonchus spp, Nematodirus spp, Trichostrongylus spp, Cooperia spp, Oesophagostomum spp, Chabertia spp, Capillaria spp en Trichuris spp.
LONGWURMS: Dictyocaulus spp.
LINTWURMS: Moniezia spp.
By beeste is dit ook effektief teen geïnhibeerde larwes van Cooperia spp, en gewoonlik effektief teen geïnhibeerde/gestopte larwes van Ostertagia spp.By skape is dit effektief teen geïnhibeerde/gestopte larwes van Nematodirus spp, en bensimidasool vatbare Haemonchus spp en Ostertagia spp.
Geen.
Slegs vir orale toediening.
Beeste: 4,5 mg oxfendasool per kg liggaamsgewig.
Skape: 5,0 mg oxfendasool per kg liggaamsgewig.
Geen aangeteken nie.
Bensimidasole het 'n wye veiligheidsmarge.
Beeste (Vleis): 9 dae
Skape (Vleis): 21 dae
Nie vir gebruik in beeste of skape wat melk vir menslike gebruik produseer nie.
Berg onder 25ºC, in 'n koel en droë plek, en beskerm teen lig.