Artritis, gastroïntestinale en respiratoriese infeksies veroorsaak deur oksitetrasiklien-sensitiewe mikro-organismes, soos Bordetella, Campylobacter, Chlamydia, E. coli, Haemophilus, Mycoplasma, Pasteurella, Rickettsia, Salmonella, Staphylococcus en Streptococcus spp., in kalwers, beeste, bokke, skape en varke.
Vir intramuskulêre of subkutane toediening:
Volgroeide diere: 1 ml per 10 - 20 kg liggaamsgewig vir 3 - 5 dae.
Jong diere: 2 ml per 10 - 20 kg liggaamsgewig vir 3 - 5 dae.
Moenie meer as 20 ml by beeste, meer as 10 ml by varke en meer as 5 ml by kalwers, bokke en skape per inspuitplek toedien nie.
Hipersensitiwiteit teenoor tetrasikliene.
Toediening aan diere met ernstig verswakte nier- en/of lewerfunksie.
Gelyktydige toediening van penisilliene, sefalosporiene, kinolone en sikloserien.
Na intramuskulêre toediening kan plaaslike reaksies voorkom, wat binne 'n paar dae verdwyn.
Verkleuring van tande in jong diere.
Hipersensitiwiteitsreaksies.
Vleis: 12 dae.
Melk: 5 dae.
Bêre onder 30℃. Beskerm teen lig.