Artritis, gastroïntestinale en respiratoriese
Infeksies veroorsaak deur oksitetrasiklien-sensitiewe mikroörganismes, soos Bordetella, Campylobacter, Chlamydia, E. coli, Haemophilus, Mycoplasma, Pasteurella, Rickettsia, Salmonella, Staphylococcus en Streptococcus spp. in kalwers, beeste, bokke, skape en varke.
Vir intramuskulêre of subkutane toediening:
Algemeen: 1 ml per 15 kg liggaamsgewig.
Hierdie dosis kan na 48 uur herhaal word indien nodig.
Moenie meer as 15 ml by beeste, meer as 10 ml by varke en meer as 5 ml by kalwers, bokke en skape per inspuitplek toedien nie.
Hipersensitiwiteit teenoor tetrasikliene.
Toediening aan diere met ernstig verswakte nier- en/of lewerfunksie.
Gelyktydige toediening van penisilliene, kefalosporiene, kinolone en sikloserien.
Na intramuskulêre toediening kan plaaslike reaksies voorkom, wat binne 'n paar dae verdwyn.
Verkleuring van tande in jong diere.
Hipersensitiwiteitsreaksies.
Vir vleis: 28 dae. Vir melk: 7 dae.
Bêre onder 30℃. Beskerm teen lig.