Elke ml bevat:
Fenielbutasoon..................................................................................................................200 mg
Hulpstowwe (adv.).................................................................................................................1 ml
(Peri-)artritis, bursitis, miositis, neuritis, tendinitis en tendovaginitis.
Geboortetrauma, impotensie van die bul, spierbeserings en pynlike beserings soos kneusings, verwringings, bloedings en luksasies by perde, beeste, bokke, skape, varke en honde.
Vir intramuskulêre of stadige intraveneuse toediening.
Perde: 1-2 ml per 100 kg liggaamsgewig.
Beeste, bokke, skape en varke: 1.25-2.5 ml per 100 kg liggaamsgewig.
Honde: 0.5ml-1ml per 10kg liggaamsgewig.
Die terapeutiese indeks van fenielbutasoon is laag. Moenie die vermelde dosis of die duur van die behandeling oorskry nie.
Moenie saam met ander nie-steroïdale anti-inflammatoriese middels gelyktydig of binne 24 uur van mekaar toedien nie.
Moenie gebruik in diere wat aan hart-, lewer- of niersiekte ly nie; waar daar die moontlikheid van gastroïntestinale ulserasie of bloeding is; waar daar bewyse is van bloeddiskrasie of van hipersensitiwiteit vir die produk.
Nie-steroïdale anti-inflammatoriese middels kan inhibisie van fagositose veroorsaak, en daarom moet gepaste gelyktydige antimikrobiese terapie ingestel word in die behandeling van inflammatoriese toestande wat met bakteriële infeksie geassosieer word.
Daar is 'n risiko van irritasie indien die inspuiting per ongeluk onder die vel ingeënt word tydens intraveneuse toediening.
Selde is ineenstorting na binneaarse inspuiting aangemeld. Die produk moet stadig oor so 'n lang tydperk as wat redelikerwys prakties is, ingespuit word. By die eerste tekens van onverdraagsaamheid moet die toediening van die inspuiting onderbreek word.
Vir vleis: 12 dae.
Vir melk: 4 dae.
Bêre onder 25 ℃. Beskerm teen lig.