Prokaïen en bensatienpenisillien G is kleinspektrumpenisilliene met 'n bakteriedodende werking teen Gram-positiewe en Gram-negatiewe bakterieë soos Campylobacter, Clostridium, Corynebacterium, Erysipelothrix, Haemophilus, Listeria, Pasteurella, penisillinase-negatiewe Staphylococcus en Streptococcus spp. Na intramuskulêre toediening binne 1 tot 2 uur word terapeutiese bloedvlakke verkry. As gevolg van die stadige resorpsie van bensatienpenisillien G, word die werking vir twee dae gehandhaaf.
Artritis, mastitis en gastroïntestinale, respiratoriese en urienweginfeksies veroorsaak deur penisillien-sensitiewe mikro-organismes, soos Campylobacter, Clostridium, Corynebacterium, Erysipelothrix, Haemophilus, Listeria, Pasteurella, penisillinase-negatiewe Staphylococcus en Streptococcus spp. in kalwers, beeste, bokke, skape en varke.
Hipersensitiwiteit teenoor penisillien en/of prokaïen.
Toediening aan diere met ernstig verswakte nierfunksie.
Gelyktydige toediening van tetrasikliene, chloramfenikol, makroliede en linkosamiede.
Toediening van terapeutiese dosisse prokaïenpenisillien G kan aborsie by sôe veroorsaak.
Ototoksisiteit, neurotoksisiteit of nefrotoksisiteit.
Hipersensitiwiteitsreaksies
Vir intramuskulêre toediening.
Beeste: 1 ml per 20 kg liggaamsgewig.
Kalwers, bokke, skape en varke: 1 ml per 10 kg liggaamsgewig.
Hierdie dosis kan na 48 uur herhaal word indien nodig.
Moenie saam met yster en ander metale gebruik nie.
Bêre onder 25ºC, in 'n koel en droë plek, en beskerm teen lig.