Gastroïntestinale en respiratoriese infeksies veroorsaak deur trimetoprim- en sulfonamied-sensitiewe mikroörganismes soos E.coll, Haemophilus, Pasteurella, Salmonella,
Staphylococcus en Streptococcus spp., in kalwers, skape, bokke en pluimvee.
Vir orale toediening:
Kalwers, bokke en skape: Twee keer daagliks 25 g per 100 kg liggaamsgewig vir 4 - 7 dae.
Pluimvee: 1 g per 1 liter drinkwater vir 4 - 7 dae.
Hipersensitiwiteit teenoor trimetoprim en/of sulfonamiede.
Toediening aan diere met 'n ernstig verswakte nier- en/of lewerfunksie of met bloeddiskrasieë.
Vir vleis: 7 dae.
Bêre onder 30 ℃, in 'n droë plek, en beskerm teen lig.