Vir die behandeling van gemengde besmettings met die volgende rondewurms en lintwurms in volwasse honde en hondjies:
Nematodes
Askaride: Toxocara canis, Toxascaris leonina (laat onvolwasse vorms en volwasse vorms)
Haakwurms: Uncinaria stenocephala, Ancylostoma caninum (volwassenes)
Sestode
Lintwurms: Taenia spp., Dipylidium caninum.
Vir orale toediening.
Dosis:
Die aanbevole dosisse is: 15 mg/kg liggaamsgewig febantel, 14.4 mg/kg pirantelpamoaaten 5 mg/kg prasikwantel. Dit is gelykstaande aan 1 tablet per 10 kg liggaamsgewig.
Tablette kan gehalveer/gekwartier word om akkuraatheid van dosering toe te laat.
Moenie gelyktydig met piperasienverbindings gebruik nie.
Moenie die vermelde dosis oorskry wanneer dragtige tewe behandel word nie.
Moenie gebruik in diere met 'n bekende hipersensitiwiteit vir die aktiewe bestanddeel of enige van die hulpstowwe nie.
Nie vir gebruik in honde jonger as 2 weke oud en/of wat minder as 2 kg weeg nie.
In baie seldsame gevalle kan verbygaande los ontlasting, diarree en/of braking voorkom.
Nie van toepassing nie.
Bêre onder 30℃. Beskerm teen lig.