Respiratoriese kanaalinfeksies, gastroïntestinale kanaalinfeksies en urogenitale infeksies veroorsaak deur amoksisillien-sensitiewe mikro-
organismes, soos Campylobacter, Clostridium, Corynebacterium, E. coli, Erysipelothrix, Haemophilus, Pasteurella, Salmonella,
penisillinase-negatiewe Staphylococcus en Streptococcus spp. in beeste, kalwers, bokke, skape, varke.
Vir intramuskulêre of subkutane toediening:
Algemeen: 1 ml per 10 kg liggaamsgewig, herhaalbaar indien nodig na 48 uur. Moenie langer as 5 dae behandeling oorskry nie.
Skud goed voor gebruik en moenie meer as 20 ml by beeste, meer as 10 ml by varke en meer as 5 ml by kalwers, skape en bokke per inspuitplek toedien nie.
Hipersensitiwiteitsreaksies.
Vir vleis en afval: 21 dae.
Vir melk: 3 dae.
Bêre onder 30℃. Beskerm teen lig.