SULFAPLUS voorkom en behandel salmonellose en cekale, derm- en hepatiese koksidiose in pluimvee (kalkoene, eende, tarentale).
In drinkwater.
Pluimvee (kalkoene, tarentale): 1 g per 4 liter water, d.w.s. 100 g per 400 liter of 1 kg per 4000 liter vir 5 agtereenvolgende dae. Of behandel vir 3 dae gevolg deur 3 dae sonder behandeling, en herhaal dan die behandeling vir nog 3 dae.
Eende: 100 g per 200 liter vir 5 agtereenvolgende dae. Of behandel vir 3 dae gevolg deur 3 dae sonder behandeling, en herhaal dan vir 3 dae se behandeling.
Moenie gebruik by diere wat aan nierversaking ly nie.
By pluimvee, veral jong voëls, is 'n afname in water- en voerverbruik en 'n vertraging in groei waargeneem na toediening van die produk.
Vleis: 14 dae.
Eiers vir verbruik: 12 dae.
Bêre onder 30°C, op 'n droë plek en weg van sonlig.